Illinois

Deelstaat Illinois
alt alt
Vlag van Illinois Seël
Bynaam(e): The Prairie State
alt
Kaart van die Verenigde State met Illinois uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
Gesproke taal(e) Engels, Spaans 10,85%, en Pools 1,6%
Hoofstad Springfield
Grootste stad Chicago
Area  25ste in die V.S.
 - Totaal 149 998 km2
 - Wydte 340 km
 - Lengte 629 km
 - Water 5 981 km2
 - % water 3,99 %
 - Breedtegraad 36°58'N tot 42°30'N
 - Lengtegraad 87°30'W tot 91°30'W
Bevolking  5de in die V.S.
 - Totaal 12 830 632
 - Digtheid 89,1/km2
11de in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Charles Mound
377 m
 - Gemiddeld 182 m
 - Laagste punt Samevloei van Mississippirivier en Ohiorivier
85 m
Toetrede tot die Unie  3 Desember 1818 (21ste)
Goewerneur Bruce Rauner (R)
Luitenant-Goewerneur Evelyn Sanguinetti (R)
Wetgewer Algemene Vergadering van Illinois
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Dick Durbin (D)
Tammy Duckworth (D)
Tydsone UTC-6 / Somertyd -5
Afkortings IL US-IL
Webblad www.illinois.gov

Illinois is met sy groot kosmopolitiese bevolking die mees bevolkte deelstaat in die midweste van die Verenigde State en die vyfde mees bevolkte op nasionale vlak, met 12,8 miljoen inwoners volgens die sensus van 2010 en 'n oppervlakte van 149 998 vk km. Sy hoofstad is Springfield.

Met sy ewewig van uitgestrekte voorstede en die metropool Chicago in die noordooste, landelike gebiede, klein nywerheidsdorpe en hoogs produktiewe landboubedryf in Sentraal- en Wes-Illinois, en die steenkoolmyne in die suide beskik die deelstaat oor 'n hoogs gediversifiseerde ekonomiese basis. Sy sentrale ligging, wat die Groot Mere via die Illinoisrivier met die Mississippirivier verbind, het van Illinois sowat 150 jaar lank 'n beduidende vervoersentrum gemaak. Sy mengsel van nywerhede en plase, van stedelike en plattelandse gebiede, maak van Illinois 'n ware mikrokosmos van die Verenigde State.

Terwyl die Illinoisrivier dwarsdeur die deelstaat vloei, vorm die Mississippirivier sy westelike en die Ohio- en Wabashriviere sy suidoostelike grenslyn. Die Michiganmeer lê in die noordooste van Illinois, net soos Chicago.

French Canyon-waterval in Starved Rock State Park naby Utica

Die oudste nedersettings van plaaslike Indiaanstamme het reeds omtrent 8000 v.C. ontstaan. Die sogenaamde Mississippi-beskawing met sy sentrum in Cahokia het sy bloeitydperk omtrent 1300 beleef; toe die eerste Europeërs hulle in die gebied gevestig het, was dit deur Algonkin-stamme bewoon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search